WAT ONS DOEN

Videos van Wiskunde bewerkings vir Graad 4 - 7
Oefeninge wat saam met al die vidoe`s gaan vir Graad 4 - 7
Oefen vraestelle vir Graad 4 - 7
WhatsApp funksie waar jy vir ons jou som deurstuur en ons werk hom uit

Sukkel jy met Wiskunde?

Raak jy bang elke keer as jy Wiskunde hoor? Dit is glad nie meer nodig nie. In vandag se lewe sukkel alle leerders een of ander tyd met Wiskunde. Party leerders snap dit vinnig en party leerders kan net nie by hou nie. Dit is wat Wiskunde Aanlyn so gerieflik maak, jy kan saam met jou kind in die gemak van jou eie huis op die rekenaar, selfoon of tablet videos kyk van alle Wiskundige bewerkings wat jou kind behandel by die skool. Om jou kind nog verder te help gee ons oefeninge met antwoorde wat saam elke video gaan. Hierdie videos en oefeninge is ideaal vir wanneer jou kind huiswerk doen of voorberei vir eksamen.

Hoekom Wiskunde Aanlyn?

Die geleerdes sê altyd Wiskunde is die pad na sukses. As jou Wiskunde punte goed is, is die kans baie groot dat jou ander vakke se punte ook goed sal wees. Jy doen nie Wiskunde omdat jy slim is nie, jy doen Wiskunde om slimmer te word. Leer jou kind dat Wiskunde nie ʼn las is nie, maar eerder ʼn pad is vir uitnemendheid.

Wiskunde is soos die son in ons sonnestelsel. Planete, mane en asteroïde wentel om die son. Die son is die middelpunt van die hele sonnestelsel en die son beïnvloed alles rondom hom. Net so is Wiskunde die middelpunt van akademie. Wiskunde beïnvloed alles rondom akademie, daarom glo ons sterk dat ʼn goeie Wiskundige agtergrond die beste medisyne is vir sukses.

Hier by Wiskunde Aanlyn verstaan ons dat leerders nie almal op dieselfde spoed leer nie. Party leerders snap dalk vinnig bewerkings, waar ander leerders weer langer neem. Die probleem kom in wanneer leerders wat langer vat om bewerkings te snap nie genoeg aandag en motivering ontvang nie. Daardie leerders voel dan gedemotiveerd en gooi tou op met Wiskunde.

Dit is wat Wiskunde Aanlyn so gerieflik maak, jy kan saam met jou kind in die gemak van jou eie huis op die rekenaar, selfoon of tablet video’s kyk van Wiskunde bewerkings wat jou kind behandel by die skool. Dit is beskikbaar 24 uur per dag, 7 dae ʼn week vir aktiewe gebruikers. Ons werk is alles gebaseer op die huidige kurrikulum: CAPS. Alle video’s, oefeninge en vraestelle is opgestel deur gekwalifiseerde onderwysers.

Missieverklaring:

Ons missie is om elke leerder in Suid-Afrika die kans te gee om sy volle potensiaal te bereik in Wiskunde.

Ons kostes

Debiet Order

R99.00 Per maand

  • Video’s van bewerkings van ʼn spesifieke graad.
  • Oefeninge wat saam met al die videos gaan van ʼn spesifieke graad.
  • 8 oefenvraestelle per graad. 2 vir elke kwartaal
  • Whatsapp funksie waar jy ʼn som vir ons whatsapp en ons help jou daarmee.

Eenmalig

R1200.00 Per jaar

  • Video’s van bewerkings van ʼn spesifieke graad.
  • Oefeninge wat saam met al die videos gaan van ʼn spesifieke graad.
  • 8 oefenvraestelle per graad. 2 vir elke kwartaal
  • Whatsapp funksie waar jy ʼn som vir ons whatsapp en ons help jou daarmee.